Daar’s ‘n splinternuwe planeet, en hy is jonk, 3m jaar oud

Sterrekundiges het ‘n splinternuwe planeet opgemerk wat om ‘n jong ster wentel. Die planeet het slegs 3 miljoen jaar geneem om te vorm. In kosmiese terme is dit redelik vinnig, en die ontdekking bevraagteken die huidige begrip oor die spoed van planetêre formasies. Wetenskaplikes sê die ontdekking bevestig planete kan binne 3-miljoen-jaar gevorm word, wat voorheen nie ‘n uitgemaakte saak was nie, aangesien die aarde 10- tot 20 miljoen jaar geneem het om te ontstaan. Die nuwe planeet is na raming 10 tot 20 keer die Aarde se massa en een van die jongste planete buite ons sonnestelsel.