Daar’s meer in die lewe as net tennis – Djokovic

Novac Djokovic was nie toegelaat om na die VSA te reis om aan toernooie deel te neem nie omdat hy nie teen Covid ingeënt is nie. Amerika het steeds die maatreël in plek. Hy het eksklusief met CNN gepraat en sê hy het geen spyt nie en meen daar is meer aan die lewe as net tennis.