Daar’s hoop dat Gaza-skietstilstand verleng kan word

Die Amerikaanse president Joe Biden sê sy regering se doelwit is om die vier dae lange wapenstilstand tussen Israel en Hamas te verleng sodat meer gyselaars veilig vrygelaat en kritieke hulp gelewer kan word. Die ooreenkoms moet vandag tot ‘n einde kom. Die Israelse weermag het bevestig dat Hamas Sondagaand 17 gyselaars vrygelaat het. In ruil vir die Israeli’s is nog 39 Palestynse gevangenes wat in Israel aangehou is, vrygelaat. Biden sê ‘n tweestaat-oplossing is die enigste manier om die langtermyn-veiligheid van inwoners van beide Israel en Palestina te waarborg.