Daar’s g’n regering van nasionale eenheid: Malema

Die EFF-leier, Julius Malema, sê hulle lede in die Nasionale Vergadering sal verseker dat die instelling reg funksioneer. Hy voeg by hulle beplan nie om met die parlement se sekerheidswagte te baklei nie en wil die beste opposisie wees. Malema is benoem as president, maar het slegs 44 stemme teenoor die 283 van president Cyril Ramaphosa gekry. Die EFF-leier het Ramaphosa gelukgewens, maar sê daar’s nie ‘n regering van nasionale eenheid nie.