Daar’s geen rede vir olieprys om te styg nie
Oliepryse het in die afgelope sewe dae met meer as 2 persent gedaal weens kommer dat ‘n verlangsamende Chinese ekonomie die vraag sal knou en ondanks ‘n groeiende konsensus dat die Amerikaanse Federale Reserweraad sy sleutelrentekoers in September sal begin verlaag. Brent verhandel vanoggend net bo 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor of die olie-prys sal aanhou daal, veral aangesien China al lank sukkel en baie olie invoer van “swart” markte soos Rusland en Iran.