Daar’s geen bindende ooreenkoms onderhandel nie – Mbumba

President Nangolo Mbumba het vanoggend herhaal dat die regering geen ooreenkoms onderhandel het tydens die Toekomsberaad in New York nie. Die verdrag is ‘n inter-regeringsverdrag wat op 22 September deur VN-lede aanvaar is. Die regering van Namibië het die aansprake wat Henk Mudge, president van die Republikeinse Party, gemaak het ten sterkste veroordeel. Mbumba het die regering se standpunt so uiteengesit.