Daar’s dalk lewe anderkant ons sonnestelsel

Die James Webb-teleskoop het bewyse van koolstofgebaseerde molekules in die atmosfeer van ‘n vermoedelike oseaanwêreld of planeet ontdek. Die eksoplaneet bekend as K2–18 b is ‘n aanloklike teiken vir sterrekundiges terwyl hulle na lewe aan die ander kant ons sonnestelsel soek. Dr. Riaan Steenkamp die hoof van Unam se fisika-departement is baie opgewonde oor die ontdekking maar sê dit is nie soos Marsmannetjies nie…