Daar’s dalk goeie nuus oor sprinkane in die land

‘n Sprinkaan-uitbreking is laas in die jaar 2021 in die suide van Namibië aangemeld, waar sprinkaan-swerms ‘n miljoen hektaar weiveld in die Karas-streek en 300 hektaar in die Hardap-streek ingeneem het. Die sprinkane het meer as 719 000 hektaar weiveld en 1 207 hektaar saailande in tien van die land se 14 streke vernietig. Verlede maand het die landbou-ministerie gewaarsku dat sprinkane hul verskyning in die Zambezi- en Ohangwena-streke gemaak het en reeds mielielande vernietig het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner op die gebied van sprinkane, oor of die laat reënval moontlik ‘n nuwe uitbreking kan veroorsaak.