Daar’s beperkings oor wat Macron sal toegee aan Sunak met migrantkrisis

Die Britse eerste minister Rishi Sunak besoek vandag Franse President Emmanuel Macron oor uitdagings met migrante. Sunak het ‘n nuwe beleid rakende sogenaamde klein bote wat oor die Engelse-kanaal in Brittanje aankom. Die voormalige Britse permanente verteenwoordiger by Navo, Lord Peter Ricketts, sê Franse samewerking is van kritiese belang maar, daar is beperkings oor wat Macron sal aanbied.