Daar’s baie kerke in Namibië, en ook sake van wangedrag onder kerkleiers
Plaaslike media berig dat volgens die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, daar sedert 2014 gemiddeld sowat twee kerke per week geregistreer is. Daar is ook 3 211 aktiewe Artikel 21-maatskappye, waarvan 1 245, of 38,7 persent, geloofsgebaseerde organisasies is. Dit kom te midde van berigte oor gewetenlose sogenaamde kerke en predikers wat gemeentelede misbruik vir kontant en selfs seksuele gunste. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voorsitter van die Koalisie van Christelike Kerke, dr. Shirley Magazi, wat sê daar word gewerk aan ‘n wetsontwerp.