Daar’s baie belangriker dinge as ‘n anti-gayhuwelik wetsontwerp

Die Regshulpsentrum het sy reaksie gegee op die regering wat ‘n wetsontwerp oor huwelike voor die parlement ter tafel sal lê vir debat sodat selfdegeslaghuwelike nie in Namibië erken word nie. Volgens die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila volg dit op die sterk reaksie op die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur by die sentrum, gepraat wat sê dat daar ander belangriker kwessies is wat die regering op die agenda kon geplaas het.