Daar’s al weer ‘n slenter, die keer met die gesondheidsministerie en opleiding

Die Namibiese gesondheidsministerie waarsku oor ‘n nuwe slenter wat die rondes doen op sosiale media platforms. Volgens die inligting, wat lyk soos ‘n advertensie, soek die ministerie na jongmense met graad 11 of 12 en goeie simbole in wiskunde en fisika. Die ministerie het blykbaar kursusse vir die kandidate in bestralingsterapie wat in Suid-Afrika voltooi sal word. Die ministerie se woordvoerder Walters Kamaya sê al hulle studieprogramme word op die amptelike webtuiste geadverteer en mense moenie vir die fopnuus val nie.