Daar’s 303 misdade, daagliks, in Namibië
Misdaad in Namibië blyk om hand uit te ruk met 110 551 misdade in die afgelope boekjaar aangemeld wat neerkom op amper 303 gevalle elke dag. Die syfer sluit al die misdaad-tipes in. Die polisie-hoof luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die Khomas-streek het die meeste misdaad, op 32,5 persent ervaar met Oshana tweede op 11,3 persent, Otjozondjupa op 8,3 persent en Erongo op 8. Die minste misdaad kom in die Kavango Wes-, Kunene- en Omaheke-streke voor.