Daar was niks geheimsinnig oor EU-ooreenkoms nie

Die Namibiese Landbou-handelsforum het meer inligting bekend gemaak oor die nie-ondertekening van die sogenaamde Afrika-, Karibiese en Stille Oseaan-lande en EU ooreenkoms, bekend as ACP-EU. In ‘n verklaring sê Anton Faul van die forum die nie-ondertekening van die ooreenkoms het geen implikasies vir die bestaande Namibiese handelsbetrekkinge met die EU nie. Dit sluit ons belastingvrye, kwotavrye vis, vleis, houtskool, druiwe, bloubessies, dadels en alle ander produkte onder die EPA 2016 ooreenkoms in. Die ACP-EU ooreenkoms is meer ‘n diplomatieke en politieke samewerkingsooreenkoms. Faul maak ook melding dat Namibië se standpunt reeds einde 2021 duidelik was. Daar was ook geen geheimhouding oor hierdie ooreenkoms en die onderhandelinge daarvan in die algemeen nie en kommentaar en sienings daaroor is oral op die internet. Dit is nie agter geslote deure gedoen nie.