Daar sal ‘n tekort van 62% in akkerbouprodukte wees
Vooruitsigte vir akkerbou-produksie wek kommer vir die eerste helfte van die jaar. Die Namibiese Akkerbouraad doen gereed verifiëring van toestande op die grond en volgens die raad se jongste vooruitskatting, sal daar tekorte in 62 persent van tuinbouprodukte tot en met Mei vanjaar voorkom. Gewasse wat veral geraak word sluit blaarslaai, blomkool, broccoli, sampioene, tamaties, wortels, uie, aartappels, kool en botterskorsies in. Die raad sê net plaaslike soetrissies sal aan vraag voldoen. Die tekorte noodsaak verskaffers om meer in te voer wat verbruikers blootstel aan verskeie elemente wat prysskokke kan veroorsaak.