Daar sal in alle waarskynlikheid ‘n reël 108-bevel in Sharpley-saak kom
Hoërhofregter Shafimana Ueitele sal na verwagting vandag ‘n reël 108-bevel uitreik in die saak waar Bank Windhoek die bekende pastoor Marson Sharpley en sy vrou Angela dagvaar vir amper 1,8 miljoen Namibiese dollar. Hy is in Januarie ‘n laaste kans gegee maar, die saak is weer vertraag en in Junie het Sharpley gesê hy verwag ‘n reuse betaling vanaf die buiteland wat vrygestel moet word. Maar, hy kon nie bewyse daarvan bring of ‘n betaling maak nie. Die saak is tot vandag uitgestel en regter Shafimana Ueitele het aan hom verduidelik dat as hy nie bewyse bring of ‘n betaling maak nie, dat hy nie die saak sal aanhoor nie en eenvoudig die beslagleggingsbevel sal uitreik. Die egpaar, die ouers van die voormalige Mej. Namibië Cassia Sharpley, se Khomasdal-eiendom is op die spel.