Daar is uitdagings met Stad Windhoek se openbare vervoerAugust 4, 2023
Ally Angula, wat aangekondig het dat sy as Namibiese presidentskandidaat in volgende jaar se verkiesing gaan staan, het haar kommer gedeel oor openbare vervoer en vroue wat voor sonop moet opstaan om betyds by die werk te kom. Sy sê dit blyk dat Windhoek se openbare vervoerstelsel in duie gestort het deur nie vervoer gedurende vroeë oggendure of laat saans verskaf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Openbare Passasiervervoer-vereniging se sekretaris-generaal Nathan Africa gesels wat erken dat dit ‘n probleem is, selfs nadat die Stad Windhoek die “Move Windhoek”-projek van stapel gestuur het…