Daar is niks fout met Netumbo nie, na sy ineenstort op Otji

Dit gaan goed met Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit is die standpunt van Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, nadat sy na bewering ineengestort het op Otjiwarongo by ‘n saamtrek van die party. Hy ontken dat sy nie wel is nie en sê dit is alles fopnuus wat deur die opposisie georkestreer is.