Daar is nie kommer oor Pollard se skopritme nie

Die aanvalsafrigter van die Springbokke, Tony Brown, sê losskakel, Handré Pollard, het net wedstrydoefening nodig om sy skopritme te herwin. Dit volg nadat Pollard Saterdag onverwags drie skoppe pale toe verbrou het in die eerste toets teen Ierland in Pretoria. Brown sê Pollard het twee maande laas mededingend gespeel en hy is nie in die minste bekommerd oor die spelpeil van die puntemaker nie. Ten spyte van die af-dag vir Pollard, het die Bokke die Iere met 27-20 uitoorlê. Die laaste toets word eerskomende Saterdag in Durban beslis.