Daar is geen uitweg nie, Chinhengo bly op Fishrot-bank

Die ‘n volbank regters van die hooggeregshof in die hoofstad het Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk se aansoek dat regter Moses Chinhengo van die saak onttrek van die hand gewys. Regters Sylvester Mainga en Elton Hoff, en die waarnemende appèlregter, Theo Frank, het die aansoek aangehoor. Dus is daar geen verdere uitweg vir Van Wyk nie en Chinhengo sal die regter op die saak wees. Verrigtinge is uitgestel tot 26 Julie wanneer die verhoor, wat herhaaldelik vertraag is, moontlik sal begin.