DA wil hê Valke moet ondersoek instel na vandalisme in Noorwes

Die DA in Noordwes gaan ‘n versoek rig aan die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid om die voortslepende vandalisme en diefstal van openbare infrastruktuur in die Tswaing-munisipaliteit te ondersoek. Verlede week het vandalisme aan noodsaaklike diensleweringinfrastruktuur in Delareyville, Sannieshof en Ottosdal voorgekom en inwoners byna ‘n week lank sonder water en elektrisiteit gelaat. Soret Viljoen van die DA sê hulle wil hê die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid moet bewerings van sabotasie ondersoek: