DA wen Konstitusionele Hof-saak teen ANC oor kaderontplooiing-rekords

Die DA het tevredenheid uitgespreek met die Konstitusionele Hof se uitspraak in hul guns, rakende die openbaarmaking van die ANC se kaderontplooiing-rekords. Die hof het die ANC beveel om sy volledige kaderontplooiing-rekords, insluitend vergaderingsnotules, CV’s, e-posboodskappe en WhatsApps bekend te maak, terugwerkend tot 1 Januarie 2013. Die DA se nasionale woordvoerder oor die Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, sê die ANC het vyf werksdae om alle relevante dokumente te oorhandig. Hy sê dit sal blootlê hoe president Cyril Ramaphosa by staatskaping betrokke was.