DA: Vyf politieke partye stem in tot koalisie-pakt

Die DA-leier, John Steenhuisen sê die leiers van vyf politieke partye het tot dusver ingestem om deel te word van sy voorgestelde koalisie-pakt vir die algemene verkiesing aanstaande jaar. Steenhuisen het vroeër die maand ná sy herverkiesing as partyleier gesê die ooreenkoms is noodsaaklik om die ANC en EFF in die verkiesing te verslaan. Voorspellings is dat die ANC se steun by die stembus tot onder 50 persent kan val. Steenhuisen het in ‘n virtuele uitsending vordering met die pakt bekend gemaak.