DA: Vroue en kinders ly ergste onder geweld
Die DA sê die Suid-Afrikaanse misdaadstatistiek vir April tot Junie vanjaar toon hoewel daar ‘n welkome algemene afname in die meeste misdade was vergeleke met die vorige jaar, duur die gewelddadige oorlog teen vroue en kinders onverpoosd voort. Die DA-lid, Andrew Whitfield, sê vroue en kinders dra steeds die swaarste aan geweld. Dit word beklemtoon deur die skokkende toename in moordsake, sake van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.