DA vra oor verwaarlosing van Potchefstroomse Landboukollege

Die DA het die landbouminister skriftelik gevra vir antwoorde oor die verwaarlosing van die Potchefstroomse Landboukollege in Noordwes. Daar is ook vrae oor die ongesonde toestand van hulle beeste. Noko Masipa van die DA sê die party se oorsigbesoek Vrydag het onlangse berigte bevestig oor vervalle geboue en beeste op die kollege se perseel wat ongesond lyk.