DA vra hersiening van Nasionale Gesondheidsversekering

Die DA sê hy is steeds gekant teen die Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige formaat en meen dit sal Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgstelsel vernietig. Die DA en die Vryheidsfront Plus, wat deel is van die regering van nasionale eenheid, het in die verlede met regstappe gedreig om die instelling van die NGV te keer. Michéle Clarke van die DA sê die NGV in sy huidige formaat is onbekostigbaar en moet dringend hersien word.