DA verwerp wysiging van wapenwet
Die DA het sy verwerping van die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer herhaal en sê dit sal slegs Suid-Afrikaners se vermoë belemmer om hulleself te beskerm. Die wetsontwerp stel ‘n beperking voor op die hoeveelheid ammunisie wat ‘n gelisensieerde vuurwapeneienaar in besit mag hê. Ofentse Mokae van die DA sê hulle doen ook ‘n beroep vir ‘n nasionale vuurwapenoudit van alle polisiekantore in die land want jaarliks word meer as 700 vuurwapens gesteel of verdwyn: