DA verwerp ‘valse aansprake’ oor oplossing van waterkrisis

Die DA in KwaZulu-Natal sê hy verwerp die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, se bewerings dat daar ‘n program van aksie is om die voortslepende waterkrisis op te los. Inwoners in gebiede soos Durban-Noord, Tongaat, Phoenix, Umhlanga en Verulam het steeds nie watertoevoer na hulle huise nie. Die munisipaliteit voer aan dat infrastruktuur wat die afgelope jare erg beskadig is deur die vloede ‘n bydraende faktor tot die watertoevoer-onderbrekings is. Bradley Singh van die DA sê die situasie moet dringend reggestel word.