DA verwelkom stabilisering van koalisieregerings  

Die DA het adjunkpresident Paul Mashatile se verbintenis verwelkom, om die daarstelling van wetgewing te steun wat sal fokus op die stabilisering van koalisieregerings. Die adjunkpresident het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê die regering sal binne die volgende paar maande ‘n nasionale dialoog oor koalisies belê, voordat wetgewing opgestel word. Die DA-lid Siviwe Gwarube, sê die wetgewing moet ‘n deelname-stemgrens insluit, asook die beperking van wantrouemosies, wat die voorkeurinstrument geword het om burgemeesters en raad-speakers te verwyder.