DA verwelkom speaker se bedanking

Die DA het die bedanking van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, verwelkom en sê dit is hoogtyd. Sy staan tereg op tot 12 aanklagte van korrupsie en omkopery wat spruit uit haar tyd as minister van Verdediging. Sy hou egter vol dat haar bedanking nie beteken sy is skuldig nie. Siviwe Gwarube van die DA sê enigiemand wat dié hoë amp beklee behoort onberispelik te wees, en Mapisa-Nqakula is nie geskik daarvoor nie: