DA verwelkom hofuitspraak teen Hlope se verskyning op RDK

Die DA verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se besluit om die MK-party se poging om hierdie week se onderhoude deur die Regterlike Dienskommissie uit te stel, van die hand te wys. Dit volg op ‘n Wes-Kaapse Hooggeregshof-interdik wat gekeer het dat die afgedankte voormalige regterpresident John Hlophe deelneem aan RDK-prosesse. Willie Aucamp van die DA loof die uitspraak as ‘n oorwinning vir geregtelike integriteit, wat verseker inmenging word uitgeskakel in die aanwys van regters: