DA verwelkom arres van Louis Liebenberg, medebeskuldigdes

Die DA verwelkom die inhegtenisname van Louis Liebenberg, sy vrou Dezzi en sewe medewerkers weens hulle beweerde betrokkenheid by ‘n 4 miljard Suid-Afrikaanse rand bedrogspul met diamantbeleggings. Liebenberg het onder meer Jacob Zuma se regsgedinge befonds. DA-woordvoerder, Willie Aucamp, loof die rol van die voormalige parlementslid, Veronica van Dyk, wat ondanks intimidasie en hofsake die skema ontmasker het. Aucamp brei uit.