DA versoek onmiddellike staking van seismiese skietwerk aan Wildekus

Die DA versoek die onmiddellike staking van seismiese skietwerk wat vandag langs die Wildekus in die Oos-Kaap moet begin. Die internasionale energiemaatskappy, Shell, voer ‘n opname uit op soek na gas en olie. ‘n DA-parlementslid, Dave Bryant, sê die potensiële uitwerking op die omgewing in die gebied is steeds ‘n bedreiging en die regering ignoreer dit meestal. Hy doen ‘n beroep op die regering om die skietery dringend te staak en voorsiening te maak vir ‘n nuwe ronde openbare deelname met alle verwante belanghebbendes.