DA veroordeel skorsing van dokter wat kla oor benarde hospitaal-toestande

Die DA in Gauteng veroordeel die skorsing van Dr. Tim de Maayer nadat hy verlede maand ‘n ope brief geskryf het waarin hy die benarde toestande ontbloot het waarin pasiënte by die Rahima Moosa-hospitaal in Coronationville, Johannesburg, verkeer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê De Maayer word beskuldig van ernstige wangedrag en word nie op hospitaal-eiendom toegelaat nie omdat hy glo pasiënte in gevaar kan stel en met getuies kan inmeng.