DA veroordeel Kannaland-burgemeester

Die DA in die Wes-Kaap het Kannaland se burgemeester, Jeffrey Donson, se besluit om in die pos aan te bly, veroordeel. Die party sê dit bewys dat hy geen respek het vir sy slagoffers of die gemeenskap nie. Donson het bevestig hy bly aan ten spyte van openbare woede wat verband hou met sy skuldigbevinding aan verkragting in 2008. Die DA se segspersoon, Gillion Bosman, het die burgemeester as ‘n misdadiger beskryf. Hy sê hy weet Donson sou nie terugstaan nie, want dit is die ANC wat hom in die magsposisie hou.