DA veroordeel betogings by hospitale

Die DA in Gauteng het Nehawu se ontwrigtende optrede in meer as tien provinsiale openbare hospitale sowel as talle klinieke veroordeel. Pasiënte kry swaar omdat hulle nie toegang tot hospitale kry nie waar operasies en afsprake gekanselleer word weens die tekort aan personeel. Van die nooddienste is ook geblokkeer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê gesondheidsgeriewe word erg deur die staking geraak.