DA verheug dat Ramokgopa verantwoording moet doen

Nadat die ANC voorheen heftig beswaar gemaak het teen ‘n DA-mosie om ‘n ad hoc-komitee te stig om oor die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, toesig te hou, het die regerende party nou ‘n ommekeer in die Nasionale Vergadering se Reëlskomitee gemaak. Die minister sal nou verslag doen aan die portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings, wat ook toesig hou oor Eskom. Samantha Graham-Maré van die DA sê die skielike verandering deur die ANC is ‘n lafhartige reaksie om hulle van enige blaam te onthef, nadat hulle besef het Ramokgopa het heeltemal misluk om die elektrisiteitskrisis reg te stel: