DA vaar uit oor polisie-wreedheid

Die DA gaan ‘n veldtog teen polisie-wreedheid van stapel stuur na aanleiding van die onlangse gewelddadige voorval waarby lede van die BBP-beskermings-eenheid in Johannesburg, betrokke was. Die party se nasionale woordvoerder oor polisiesake, Andrew Whitfield, sê die DA verwelkom die skorsing en aankla van die betrokkenes. Die DA vra ‘n vermindering in die begroting vir BBP-beskerming sodat die minimum-toepaslike sekerheidsmaatreëls vir gepaste persone kan geld. Whitfield sê hulle vra ook ‘n hersiening van die protokol en opleiding van die beskermers.