DA: Tekorte aan inentings teen Afrika-perdesiekte

Die DA moedig die minister van landbou, Thoko Didiza, aan om met die privaatsektor te skakel om die tekorte aan inentings teen Afrika-perdesiekte by te lê. Die maatskappy in staatsbesit, Onderstepoort Biologiese Produkte, het volgens berigte nie genoeg voorraad vir volgende jaar se seisoen nie. Janho Engelbrecht van die DA sê die laaste voorraad entmiddels is in April verlede jaar vervaardig.