DA: Stop reddingsboei aan SA Poskantoor

Die DA sê die Nasionale Tesourie moet ophou om reddingsboeie aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor te gee. Die instelling het befondsing van sowat 2,4 miljard Suid-Afrikaanse rand van Tesourie ontvang ten spyte van sy finansiële probleme wat skuld van 4,4 miljard rand insluit. Te midde van berigte dat hy voorlopig gelikwideer is, sê die Poskantoor hy is besig met ‘n sake-omkeerstrategie. ‘n DA-woordvoerder, Dianne Kohler Barnard, sê die reddingsboei moet gebruik word om voordeel-bydraes vir personeel en pensioenarisse te betaal en nie skuld te delg om bankrotskap te vermy nie.