DA soek rekords van ANC kaderontplooiingskomitee

Die DA is bekommerd oor die Staatskapingskommissie se weiering om aan ‘n versoek te voldoen wat die party volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien het. Die DA het die kommissie gevra om die rekords van die ANC se kaderontplooiingskomitee bekend te maak wat in Augustus as bewyse voorgelê is tydens die ANC-president Cyril Ramaphosa se getuienis. ‘n DA-parlementslid, Leon Schreiber, sê dis tyd dat die reine waarheid oor ANC-kaderkorrupsie uitkom.