DA soek geregtigheid in VBS-plundersaak
Die DA het sy oproep vir geregtigheid in die VBS Mutual Bank plunderskandaal tydens ‘n nuuskonferensie by die Hooggeregshof in Pretoria herhaal, waar die voorverhoor van die VBS-saak gehou word. Baxolile Nodada van die DA sê ses jaar na die skandaal oopgevlek is, is dit nou hoog tyd dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word, insluitend politici wat na bewering voordeel uit die misdaad getrek het.