DA soek geen geheimhouding oor Lady R

Die DA sê die voltooiing van die onafhanklike ondersoek na die Russiese vaartuig, Lady R wat in Simonstad vasgemeer het, is ‘n saak van openbare belang en kan dus nie geheim gehou word nie. Die paneel bestaande uit drie persone het nou twee weke tyd om sy verslag te voltooi voordat dit aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word. Kobus Marais van die DA sê die ondersoek se gebrek aan deursigtigheid het die ANC-regering se mislukking om die land se welsyn voorop te stel, onthul.