DA slaan nog ‘n slag vir Afrikaans
Die DA sê hy het nog ‘n slag vir Afrikaans geslaan, hierdie keer by die Universiteit Stellenbosch. ʼn Woordvoerder, Leon Schreiber, sê dit volg kort nadat die party die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl teen die ANC beskerm het en daarna die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, se pogings om die taal as nie-inheems nie te verklaar, verslaan het. Volgens Schreiber het die party nou die Khampepe-verslag se aanbeveling dat Afrikaans heeltemal afgeskaf moet word by die universiteit verslaan.