DA skors Renaldo Gouws na skokkende video

Die DA het sy lid, Renaldo Gouws, met onmiddellike ingang uit alle werksaamhede van die party geskors terwyl hy weens dissiplinêre aanklagte voor die federale regskommissie van die party verskyn. Gouws is ‘n voormalige wyksraadslid in Nelson Madelabaai. Die voorsitter van die federale raad van die DA, Helen Zille, sê hulle het vasgestel ‘n video waarin Gouws verfoeilike en rassistiese taal gebruik, is in der waarheid eg en nie ‘n vervalsing soos aanvanklik vermoed is nie.