DA ‘sien uit daarna om met Cyril saam te werk’

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die party sien daarna uit om met president Cyril Ramaphosa en die res van die span saam te werk wat die regering van nasionale eenheid vorm. Steenhuisen doen ‘n beroep op politieke partye om die land eerste te stel en saam te werk in die beste belang van die mense wat hulle dien en die land wat hulle liefhet.