DA sê vredesending ‘n verleentheid, vermorsing van miljoene
Die DA-leier, John Steenhuisen, beskuldig President Cyril Ramaphosa se administrasie van uiterste onbevoegdheid, wat tot gevolg gehad het dat ‘n vliegtuig vol van sy lyfwagte, joernaliste en blykbaar ongemagtigde wapens toegang tot Pole, Oekraïne en Rusland geweier is. Steenhuisen sê die president moet aanspreeklik gehou word vir die miljoene wat bestee is aan, wat hy beskryf as ‘n patetiese openbare betrekkinge-poging. Met verwysing na Ramaphosa se deelname aan die Afrika-leiers se vredesending, sê die DA-leier die president het Suid-Afrika op die globale verhoog in skande gedompel. Die party sal in die parlement vrae oor die aangeleentheid indien.