DA se raad ondersteun Steenhuisen en sy span om regerings te vorm
Die federale raad van die DA steun eenparig ‘n resolusie vir sy leier, John Steenhuisen, en sy onderhandelingspan om regerings op nasionale en provinsiale vlak te vorm. Die resolusie wil die Grondwet handhaaf, bestendigheid verseker en ekonomiese groei bevorder. Die federale uitvoerende raad van die party neem die finale besluite ten opsigte van koalisies en samestelling van die regerings. DA-woordvoerder, Solly Malatsi, het meer.