DA sê openbare werke moet hersien word

Die DA sê die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur se batebestuursrekord het ʼn nasionale las geword. Die departement het ʼn interne ondersoek begin na die wanbestuur van die Telkom-toringkompleks wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkwartier in Pretoria huisves. Dit volg nadat die gebou onbewoonbaar verklaar is. Die departement het tans 56 393 geboue onder sy toesig. Sello Seitlholo van die DA sê die departement se mandaat om regeringsgeboue te bestuur, moet hersien word: