DA sê minimumloon moenie aangepas word nie

Die DA sê hy is gekant teen enige voorgestelde verhoging van Suid-Afrika se nasionale minimumloon omdat dit die land se hemelhoë werkloosheidsyfer sal vererger. Maandag was die laaste dag waarop belanghebbers geskrewe kommentaar oor moontlike veranderinge aan die minimumloon kon indien. Michael Bagraim van die DA sê deur die huidige minimumloon te behou, word ʼn balans geskep tussen die beskerming van bestaande werkers terwyl dit terselfdertyd deure oopmaak vir indiensneming: